|
|
Met sy trotse en tradisieryke verlede het Hentie Cilliers hom nie net as een van die top skole in die Vrystaat gevestig nie, maar inderdaad as een van die top skole in die land. Deur die jare is `n kultuur van betrokkenheid en vernuwing by Henties geskep. Hier word deur middel van `n roepingsbewuste benadering gepoog om nie net aan die leerlinge en ouers van ons skool ons beste te lewer nie, maar ook aan die gemeenskap van Virginia. `n Goedtoegeruste en gemotiveerde span personeellede maak dit hulle lewenstaak om die missie van die skool daagliks uit te leef en na te streef. Die Personeel poog om dit te bewerkstellig deur aan al die lewensvlakke van ons leerlinge te werk. Deur aan die totale kind aandag te gee, is dit ons doelstelling om gebalanseerde en meelewende leerlinge die wêreld in te stuur sodat elkeen vir hom/haar `n staanplek in die lewe kan vestig. Ons is trots oor wat deur ons leerlinge bereik is en wat hul steeds op alle vlakke van die lewe bereik. Dit is vir ons lekker om daagliks te verneem van die assosiasie van ons oud skoliere wat bewys dat as jy eenmaal `n Hentie is, bly jy `n Hentie.
MNR A VORSTER -SKOOLHOOF- MNR E MARX -ADJUNKHOOF- Dit sal vir ons `n voorreg wees om jou as leerling van Henties te verwelkom en `n hegte vennootskap met u as ouers aan te knoop. Ons onderneem om net ons beste vir u kind te lewer, maar hierin het ons ook hulp, lojaliteit en ondersteuning nodig om hierdie pragtige skool nog verder uit te bou. Jy word hartlik uitgenooi om hierdie uitnodiging te aanvaar en so deel te word van `n wenspan. Ons sien uit na jou koms ! Om ons missie te bereik visualiseer ons die volgende breë doelstellings:
`n Skool is `n gebou met vier mure met binne-in die dag van môre! HENTIES E-POS: henties@iafrica.com Webmaster:Nicolene van der Walt
Copyright © 2001 HENTIES All rights reserved. |