|
|
Ons is trots op die groot persentasie leerlinge wat op sportgebied uitblink. Talle leerlinge verwerf jaarliks in verskeie sportsoorte provinsiale kleure. Ons kan sonder vrees van teenspraak sê dat Henties se leerlinge `n ononbeerlike krag is in die sport van Noord-Vrystaat. Daar is vir elke leerling die geleentheid om sy talente ten volle te ontwikkel. BUSVERVOER: Die twee busroetes word steeds bedryf en daar maak ongeveer 140 leerders van hierdie fasiliteit gebruik. Leerders word steeds gedurende die somermaande en op Maandae tydens die winterprogram in die middae gratis na sportoefeninge vervoer om sodoende vir almal die geleentheid te skep om aan die onderskeie sportaktiwiteite deel te neem.
Webmaster:Nicolene van der Walt |